Kyk: Olifante veilig ná vragmotor en sleepwa in Oos-Kaap omslaan

Vier volwasse olifante pas goed by hulle nuwe tuiste aan nadat hulle gister in 'n nagmerrierit betrokke was in die Oos-Kaap.

Vier volwasse olifante pas volgens SANparke goed by hulle nuwe tuiste in die Samara Natuurreservaat, buite Graaff-Reinet, aan, ná ’n nagmerrierit om hulle bestemming te bereik.

Graaff-Reinet Advertiser berig die bestuurder van ’n groot vragmotor met sleepwa, wat die olifante vervoer het, het op gistermiddag 60km van Cookhouse beheer oor die voertuig verloor. Die voertuig en wa het omgeslaan.

Die N10 was vir verkeer gesluit terwyl die opruimingspan aan die werk was.

Vier veeartse het die vragmotor in ’n motor gevolg om die olifante te vergesel. Hierdie olifante was ’n skenking van SANparke aan Samara, wat in privaat besit is.

Verkeerspersoneel op die toneel het die verkeer oor Bedford en Alicedale laat vloei, terwyl die veeartse op die toneel na die olifante omgesien het.

Die olifante kon mettertyd weer op hulle pote kom, en geen ernstige sigbare beserings is aan enige van hulle gemerk nie.

Later die middag het ligte reën ook uitgesak, en die olifante kon afkoel.

Die verkeer het vir tientalle kilometers opgehoop, en baie voetgangers het na die ongelukstoneel gestap om foto’s te neem.

Die roete is om 22:10 vir enkelbaanverkeer oopgemaak, en teen 02:00 was die toneel opgeruim.

Verteenwoordigers van die departement van natuurbewaring het vanaf die Addo-olifantpark mettertyd ook opgedaag om die situasie te monitor, en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging het ook van Makhanda (vroeër Grahamstad) na die toneel gereis, en later die aand ’n verklaring uitgereik om die publiek in te lig dat die olifante goed versorg word en onder die omstandighede veilig is.

Volgens die woordvoerder van die Departement van Vervoer, Unathi Binqose, was daar aanvanklik geskat dat die N10 vir ten minste ses ure gesluit sou wees.

Vragmotors met hyskrane is ook na die toneel ontbied om met die grootskaalse reddingspoging te help.

Kyk die video hier:


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.graaffreinetadvertiser.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button