Kyk: Vuisgeveg by laerskool-rugbywedstryd ruk Vaal
’n Bakleiery tussen toeskouers en buite-afrigters tydens 'n o.11-rugbywedstryd in die Vaal het tot skorsings gelei.
Boewery en bakleiery op en langs rugbyvelde is aan die toeneem in die Vaaldriehoek.
Vaalweekblad berig in die nuutste voorval het toeskouers en buite-afrigters tydens ʼn o.11-rugbywedstryd tussen die Laerskool Risiville en die Laerskool Kollegepark verlede week langs die veld handgemeen geraak.
ʼn Video van die voorval versprei sedertdien soos ʼn veldbrand op sosiale media.
Die Valke Laerskole Rugbvereniging het die saak vir verdere ondersoek na die Valke Rugbyunie verwys en het intussen drie individue belet om die halfeindstryde van die plaaslike laerskole-rugbyliga by te woon wat vandag by die Hoërskool Dr. Malan aangebied word.
Die eindstryd word aanstaande week by dieselfde skool aangebied. Die Valke Laerskole Rugbyvereniging het navrae oor die voorval na die Valke Rugbyunie se hoofuitvoerende beampte, Ettienne de Lange, verwys wat teen die tyd van publikasie nie op navrae reageer het nie.
Waarskuwing: Dié beeldmateriaal is nie vir sensitiewe kykers nie
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.citizen.co.za