Video: Vuisgeveg by o11-rugbywedstryd ruk Vaal
Die opname is nie geskik vir sensitiewe kykers nie
VEREENIGING – Boewery en bakleiery op en langs rugbyvelde is aan die toeneem in die Vaaldriehoek.
In die nuutste voorval het toeskouers en buite-afrigters tydens ʼn o11-rugbywedstryd tussen die Laerskool Risiville en die Laerskool Kollegepark verlede week langs die veld handgemeen geraak.
ʼn Video van die voorval het sedertdien soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Die Valke Laerskole Rugby Rugbvereniging het die saak vir verdere ondersoek na die Valke Rugbyunie verwys en het intussen drie individue belet om die halfeindstryde van die plaaslike laerskolerugbyliga by te woon wat vandeesweek by die HS Dr. Malan aangebied word.
Die eindstryd word aanstaande week by die HS Dr. Malan aangebied. Die Valke Laerskole Rugbyvereniging het navrae oor die voorval na die Valke Rugbyunie se Hoofuitvoerende beampte, Ettienne de Lange, verwys wat teen druktyd nie op navrae reageer het nie.
