Man dood ná hy van duikplank afspring by kuierplek langs Witbank-dam

Die man het volgens ooggetuies van ‘n duikplank, by ‘n kuierplek langs Witbank-dam, afgespring en nie weer opgekom nie.

‘n Man is gistermiddag dood nadat hy van ‘n duikplank in Witbank-dam ingespring het.

Die fratsongeluk het by ‘n gewilde kuierplek langs die dam gebeur.

Volgens ooggetuies het die man probeer om ‘n ‘backflip’ te doen en het na bewering op sy rug in die water geval.

“Sy vriend het ná hom ingespring, en toe hy opkom uit die water het hy besef die man het nog nie opgekom vir asem nie,” het ooggetuies vertel.

Die man se liggaam is deur die Nasionale Seereddingsinstituut uit die water gehaal.

Sy identiteit word weerhou tot hy formeel uitgeken is.

Read original story on www.citizen.co.za

 
Back to top button