Man vas oor wrede moord op Oos-Kaapse meisie (12)

‘n 12-jarige van die Oos-Kaap het verlede week vermis geraak toe sy winkel toe gegaan het. Haar liggaam is drie dae later in bosse in Motherwell gevind.

‘n Man (39) is in hegtenis geneem op aanklagte van ontvoering en moord nadat die liggaam van Lithaliyanda Ntoni (12), wat sedert 24 Junie vermis was op 27 Junie gevind is.

Graaff-Reinet Advertiser berig Ntoni het haar huis in Luziphostraat, NU10, Motherwell, omstreeks 16:45 op 24 Junie verlaat om winkel toe te gaan.

Sy het nooit na haar huis teruggekeer nie. Sy was geklee in ‘n grys sweetpakbroek met ‘n pers trui.

Die wreedaardige moord op die twaalfjarige Lithaliyanda Ntoni word wyd veroordeel. Foto: SAPD

 

Volgens die departement van korrektiewe dienste se Oos-Kaapse vise-direkteur vir media en kommunikasie, Brigadier Nobuntu Gantana, het die polisie Ntoni se liggaam in die vroeë oggendure in bosse naby Khabonqabastraat, eenheid ses, gevind.

Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, generaal-majoor Thandiswa Kupiso, het sy diepe ontsteltenis oor die misdaad uitgespreek.

“Terwyl ons die vinnige inhegtenisneming in hierdie saak prys, het die brutale aard van hierdie kind se moord ons beamptes en die gemeenskap diep geskok.

“Ons het volle vertroue in ons ondersoekspan en die Nasionale Vervolgingsgesag om geregtigheid vir Lithaliyanda en haar familie te verseker,” het Kupiso gesê.

Die ondersoek duur voort.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.graaffreinetadvertiser.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Teresa Opperman

Teresa Opperman, Graaff-Reinet Advertiser
Back to top button