Man verloor gedeelte van vinger nadat hiëna hom byt naby Middelburg

Die man kan moontlik nog ‘n vinger verloor as behandeling teen infeksie nie werk nie.

Twee inwoners in die Middelburg omgewing is in die laaste twee weke deur wilde diere beseer. Kort nadat ‘n man deur ‘n vier meter-lange krokodil die water ingesleep is, het die eienaar van uBhetyan o Africa, Deon Cornelius, Maandag ’n deel van sy vinger aan sy een hand verloor, nadat die wildsplaas se mak hiëna met die naam Ed, hom aan die hand beetgekry het.

Cornelius het vertel dat hy besig was om ’n elektriese heining op die plaas te herstel, toe die mak hiëna nader gestap en teen hom kom skuur het.

“Ek het Ed weggestoot toe hy skielik na my gaps.”

Hy kon daarin slaag om die hiëna se kake van sy hand af te kry, waarna hy uit die hok is.

Hy is hospitaal toe gejaag waar ’n gedeelte van sy vinger geamputeer en die wonde in die teater skoongemaak is.

’n Tweede vinger het ook sleg seergekry en kan ook moontlik geamputeer word indien behandeling nie suksesvol is nie.

Daar is ’n sny in die vinger gemaak om infeksie te help beheer.

Cornelius is reeds ontslaan maar sy hand is tans nog toegedraai in verbande.

Hy sal gereelde opvolg behandeling moet ontvang om die ander vinger te help red.

Man oorleef aanval van vier meter-lange krokodil

Anthony Joubert is verlede naweek deur ‘n reuse krokodil die water ingesleep tydens ‘n visvang vakansie op ‘n plaas in Avontuur, net buite Middelburg.

Hy het sy vingers in die dier se oë ingedruk terwyl twee vroue die krokodil met ‘n hout oor die kop geslaan het.

Joubert sterk tans steeds in die hospitaal aan.

Lees meer oor die krokodil aanval hier.

‘n Plaaswerker is ook onlangs deur ‘n luiperd aangeval nadat hy aan die heining waar die kat gehou word, gewerk het.

Sy wonde is in die hospitaal behandel. Die plaaseienaar, wat versoek het dat hul name weerhou word, sê dat die luiperd gewoond is aan mense wat aan die heining werk en dat die afgelope hittegolf dalk iets met die dier se iesegrimmigheid te doen gehad het.

Die werknemer, wat intussen reeds terug is op die plaas, het die onderonsie as ‘huismoles’ tussen hom en die luiperd wyfie was.

 

 

 

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button