Matriekleerders van Vanderbijlpark in gru-ongeluk ná laaste skooldag

Hoërskool Driehoek se matrieks se laaste dag het in 'n oogwink tot een van skok en hartseer verander toe twee leerders beseer is.

Twee matriekleerlinge van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark is vanoggend ernstig beseer in ‘n motorongeluk in Rossinilaan.

Die ongeluk het om en by 11:00 plaasgevind. Vaal Emergency Care was gou op die toneel waarna die brandweer ontbied is om die bestuurder uit die motor te bevry.

Die eerste leerling is hospitaal toe geneem waar hy onder andere vir ʼn gebreekte arm en kopwond behandel word.

Die bestuurder is op die toneel gestabiliseer en met ʼn helikopter na Alberton vervoer.

Geskokte matriekleerlinge het oral rondgestaan. Hulle skoolklere vol vrolike boodskappe geskryf van maters wat mekaar sterkte toewens vir die toekoms.

Vandag was hulle laaste skooldag voor die eindeksamen. Hul het die dag afgeskop met ʼn erediens en ‘n klok-seremonie.

Waar die klok vrolik die einde van hulle skoolloopbaan aangekondig het, het die sirenes van die ambulans egter ʼn hartseer storie vertel.

Read original story on vaalweekblad.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button