Midvaal-tieners vas ná hul glo speelgoed-vuurwapens gebruik om voertuig te kaap

Drie Meyerton-tieners bly in aanhouding ná die beweerde kaping van ’n BMW M4 tydens ’n Facebook Marketplace-transaksie.

Drie tieners sal binnekort in die landdroshof in Meyerton verskyn ná hulle in hegtenis geneem is in verband met ’n voertuigkaping wat tydens ’n Facebook Marketplace-transaksie plaasgevind het.

Vaalweekblad berig dat die polisie in Klipriver verlede Vrydag gereageer het op ’n klag van ’n gekaapte BMW M4 op die R59 naby die Randvaal-afrit.

Die verdagtes, drie tienerseuns tussen die ouderdom van 16 en 17 jaar, is kort daarna in die Kliprivier-omgewing aangekeer terwyl hulle met die gesteelde voertuig op die R55 gery het.

Polisiebeamptes het die voertuig afgetrek en deursoek. Drie speelgoed-vuurwapens is op die toneel gevind wat glo in die beweerde misdaad gebruik is.

Hulle is op aanklag van voertuigkaping en die besit van gesteelde eiendom in hegtenis geneem.

Volgens die klaer het hy sy BMW M4 op Facebook Marketplace geadverteer. Op dieselfde dag het hy ’n oproep ontvang van ’n onbekende man wat gesê het sy kinders sal die voertuig kom besigtig.

Later het die drie tieners by die verkoper se woning opgedaag om die voertuig vir ’n toetsrit te neem.

Tydens die toetsrit het twee van die verdagtes na bewering vuurwapens op die eienaar van die voertuig gerig, hom afgelaai en met die voertuig weggery.

Distrikskommissaris Majoor-Generaal Nkhensani Mukhwevho het die Kliprivier-polisie geloof vir hul vinnige optrede.

“Ons stuur ’n sterk boodskap aan misdadigers dat Sedibeng nie ’n speelgrond is nie. As jy jou aan die verkeerde kant van die gereg bevind, sal jy tronk toe gaan,” het sy gesê.

Die tieners bly in aanhouding en sal binnekort in die hof verskyn. Hulle is na wat verneem word inwoners van Meyerton.


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button