Local newsNewsNews

Midvaal-tieners kaap glo voertuig met speelgewere

Hulle sal eersdaags in hof verskyn

MEYERTON – Drie tiener-verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Meyerton verskyn na hul arrestasie in verband met ’n voertuigkaping wat tydens ’n Facebook Marketplace-transaksie plaasgevind het.

Op 30 Mei het Klipriver SAPD gereageer op ’n klag van ’n gekaapte M4 BMW op die R59 naby die Randvaal-afrit.

Die verdagtes, drie tienerseuns tussen die ouderdom van 16 en 17 jaar is kort daarna in die Kliprivier-omgewing aangekeer terwyl hulle met die gesteelde voertuig op die R55 gery het.

Polisiebeamptes het die voertuig afgetrek en deursoek. Drie speelgoedwapens is op die toneel gevind wat glo in die beweerde misdaad gebruik is.

Hulle is op aanklag van voertuigkaping en die besit van gesteelde eiendom gearresteer.

Volgens die klaer het hy sy BMW M4 op Facebook Marketplace geadverteer. Op dieselfde dag het hy ’n oproep ontvang van ’n onbekende man wat gesê het sy kinders sal kom om die voertuig te besigtig.

Later het die drie tieners by die verkoper se woning opgedaag om die voertuig vir ’n toetsrit te neem.

Tydens toetsrit het twee van die verdagtes na bewering vuurwapens op die eienaar van die voetuig gerig, hom afgelaai en met die voertuig weggery.

Distrikskommissaris, Majoor-generaal Nkhensani Mukhwevho, het die Kliprivier-polisie geloof vir hul vinnige optrede.

“Ons stuur ’n sterk boodskap aan misdadigers dat Sedibeng nie ’n speelgrond is nie. As jy jou aan die verkeerde kant van die gereg bevind, sal jy tronk toe gaan,” het sy gesê.

Die verdagtes bly in aanhouding en sal binnekort in die hof verskyn. Die tieners is na wat verneem word inwoners van Meyerton.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button