Moord oor ‘gesteelde’ haarknipper: 6 in Noordwes gevonnis
'n Man is ontvoer en vermoor nadat hy by 'n begrafnis van diefstal beskuldig is. Die 'gesteelde' haarknipper is later gevind.
Die Mogwase-streekhof in Noordwes het gister ses mans tot direkte gevangenisstraf vir hulle rol in die moord en ontvoering van Katlego Donald Tshite (34), gevonnis.
Potchefstroom Herald berig Sydney Obakeng Raikane (40), Happy Magatshe (34), Karabo Edward Modise (32), Matshidiso Motshepe (34), Eric Mosothoane (34) en Sikwane Dunga Danke (40) het vonnisse wat wissel van 10 tot 20 jaar gevangenisstraf ontvang.
Sivenathi Gunya, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die mans het die slagoffer op 31 Januarie 2023 in Manamakgoteng, Rustenburg, ontvoer en aangerand nadat hy by ‘n begrafnis van diefstal beskuldig is.
“Hy is daarvan beskuldig dat hy ‘n haarknipper gesteel het. Tenspyte van sy betogings van onskuld, het gemeenskapslede hom aangekeer. Toe Tshite probeer vlug het, is hy gevange geneem en na ‘n nabygeleë ‘Apollo-lig’, ‘n plek wat berug vir buitegeregtelike ‘gemeenskapsverhore’ gebruik is, geneem.”
Dit is hier waar hy wreed aangerand is en dit het tot sy dood gelei. Sy lyk is die volgende dag ontdek. Die haarknipper, die beweerde oorsaak van die onderonsie, is later in die gesin se besit gevind, hoewel besonderhede oor die opsporing daarvan nog onduidelik is.
Al ses beskuldigdes het onskuldig op aanklagte van moord en ontvoering gepleit. Bewyse het hulle egter met die misdaad verbind, en hulle is skuldig bevind.
Vonnisse:
- Modise: 20 jaar
- Motshepe: 20 jaar
- Raikane: 10 jaar
- Magatshe: 10 jaar
- Mosothoane: 10 jaar
- Danke: 10 jaar
Read original story on www.citizen.co.za