Ouma sterf in motorongeluk in Noordwes waarin kleinkinders ook betrokke is

'n Vrou (61) is dood in 'n motorongeluk op die N12 in Noordwes. Haar kleinkinders was ook in die motor ten tyde die ongeluk.

‘n Ouma het haar lewe Donderdagmiddag verloor in ‘n ernstige ongeluk op die N12 naby die Orkney afrit (R502) tussen Potchefstroom en Klerksdorp, waarin drie motorvoertuie betrokke was.

Sylvia Geyer (61) is op die toneel oorlede nadat ‘n weermagvoertuig in haar motor sowel as ‘n ander bakkie op die pad vasgery het. Sylvia se twee kleinkinders en ‘n ander seun was ook in die voertuig ten tye van die ongeluk.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het die bakkie voor Geyer se motor op die N12 gery. Op dieselfde tyd het ‘n weermagvoertuig in die teenoorgestelde rigting beheer verloor en in Geyer se rigting beweeg.

“Die bestuurder van die weermagvoertuig het oor die middelmannetjie gegly. Hy het toe teen die bakkie en Geyer se motor (sedan) gebots. Die bestuurder van die weermagvoertuig is hospitaal toe geneem vir beserings maar die bestuurder van die bakkie het geen beserings opgedoen nie,” het Myburgh bevestig.

Volgens ‘n familielid van Sylvia, is die een kleindogter (13) tans nog in die hospitaal met beserings aan haar heup en gesig. Die ouer dogter (16) is nie opgeneem nie en het erge trauma aangesien sy voor langs haar ouma in die passasiersitplek gesit het. Sy het slegs ligte beserings van die veiligheidsgordel wat haar gedruk het opgedoen. Die seun (10) wat ook een van die passasiers in Sylvia se motor was, is uit die hospitaal ontslaan.

Myburgh noem dat daar ‘n saak van strafbare manslag by die polisie oopgemaak is.

Read original story on potchefstroomherald.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Andrea van Wyk

Caxton’s Digital Editorial Manager. I am a journalist and editor with experience spanning over a decade having worked for major local and national news publications across the country and as a correspondent in the Netherlands. I write about most topics with a special interest in politics, crime, human interest and conservation.
Back to top button