Pa in rou na dogter sterf in George: 24-jarige vrou aangekla vir moord

‘n Polisieondersoek dui daarop dat die twee vroue in ‘n argument by die slagoffer se huis betrokke geraak het.

’n Pa van George is in rou nadat sy enigste dogter Sharoline Daters (26) op 9 Maart vermoor is, na bewering deur die ma van haar neef se kinders.

“Ek kan nie lank praat nie. My hart is gebreek, en ek huil vinnig,” het Jacob Daters (65) hierdie week tydens ‘n telefoniese onderhoud aan George Herald gesê.

Hy sê dat sy dogter Saterdag 22 Maart langs haar ma in Beaufort-Wes begrawe word ‘dat hulle bymekaar kan wees’.

Jacob onthou sy dogter as ‘n dierbare mens met die mooiste glimlag wat altyd bereid was om ander te help.

“Sy was ‘n liewe mens en het so mooi na my gekyk. Ek kan nie verstaan dat iemand haar lewe sou wou neem nie. Hier staan ek nou alleen en kosmaak.”

Jong vrou vir moord gearresteer

Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het Conville-polisie in George ‘n moorddossier geopen ná Sharoline se dood in Proteapark.

“Volgens voorlopige inligting het die slagoffer en ‘n ander vrou ‘n argument by die slagoffer se woning gehad. Sy het ‘n steekwond aan die bors opgedoen en is na die hospitaal geneem waar sy later deur mediese personeel dood verklaar is,” sê Spies.

Die verdagte, Micaela Smit (24), is later op aanklag van moord in hegtenis geneem.

Smit het reeds haar eerste hofverskyning gemaak en is op borg vrygelaat.

Volgens gerugte is Smit die voormalige meisie van Daters se neef, en het hulle twee kinders saam.

Op die aand van die voorval was Daters saam met haar neef toe daar glo ‘n bakleiery tussen hom en Smit oor die kinders ontstaan het.

“Sharoline was seker maar net op die verkeerde plek op die verkeerde tyd,” het ‘n familielid uit die Kaap gesê.

 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.georgeherald.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button