Polisie ontken gerugte van reeksmoordenaar in Vanderbijlpark
Gerugte op sosiale media het lei dat ’n reeksmoordenaar reeds 11 mense doodgemaak en een van sy slagoffers se oë verwyder het.
Die polisie in Sedibeng sê sosiale media gerugte dat daar ‘n reeksmoordenaar aan die jag is in Vanderbijlpark, is nie waar nie.
Die gerugte het ontsaan na ‘n reeks moorde in Julie en Augustus, in die CW-areas gepleeg is.
Kapt. Fikile Funda, Sedibeng polisiewoordvoerder, sê dat die moorde ondersoek word en dat dit nie waar is, soos op sosiale media beweer, dat die slagoffers se oë verwyder is nie.
Funda het bevestig dat ses moorde in die Vanderbijlparkse uitbreiding tans deur die polsiie ondersoek word. Daar is op sosiale media beweer dat die reeksmoordenaar reeds 11 moorde gepleeg get.
Vyf van die liggame is in ‘n 2km radius van mekaar gevind terwyl die sesde slagoffer in dieselfde area aangeval is en in die hospiaal aan haar wonde beswyk het.
Vyf slagoffers is tussen 22:00 en die vroeë oggendure aangeval. Vier mans en twee vroue tel onder die slagoffers.
Na die paniek wat op sosiale media gesaai is, het VF Plus raadslid Gerda Senekal, ge-eis dat die polisie oop kaarte met inwoners moet speel.
“Die gemeenskap lewe tans in vrees en ons vereis dat die SAPD so spoedig moontlik die publiek en media in hul vertroue neem om die gemeenskap akkuraat in te lig,” het Senekal aan Vaalweekblad gesê.
Read original story on vaalweekblad.com