Resep: Mel die Storieverteller se sampioensous vir die feestafel

Die Afrikaanse sosialemedia-sensasie en skrywer deel haar resep en gesels oor hulle familie se Kersfeestradisies.

Die feesseisoen is hier en vir talle is dit ‘n tyd om lekker te smul.

Met die internet propvol inspirasie, is dit soms moeilik om ‘n besluit te maak oor wat om voor te sit.

Hoekom dit nie maklik maak en smul aan iets wat ‘n bekende se gunsteling is nie? Caxton Local Media het met Melanie du Toit gesels om te hoor wat haar gunsteling feesseisoendis en -tradisies is.

Du Toit is bekend as die Afrikaanse sosialemedia-sensasie en skrywer ‘Mel die Storieverteller’ en sy geniet ‘n heerlike sampioensous wat sy graag saam met braaivleis bedien.

Mel se sampioensous:

  • Sny een rooi ui in dun skywe.
  • Sny 250g sampioene (of 500g as jy baie daarvan hou) in dun skywe.
  • Braai dit in klapperolie.
  • Gooi ‘n koppie melk by die mengsel sodra die mengsel bruin gebraai word.
  • Laat dit borrel.
  • Meng ‘n halwe pakkie sampioensoppoeier met melk en voeg by die mengsel.
  • Gooi sout, peper, rooipeper, borrie en ‘n titsel mostertpoeier by.
  • Sodra die mengsel dik is, voeg baie kaas by.

Sy deel dat sy nie aan ‘n groot familie behoort nie en dus is feestyd altyd klein en intiem.

“Tydens die feesseisoen drink ons baie haanstertjies (cocktails) terwyl ons lê in die swembad soos ‘n klomp seekoeie. Maar vandat die kleinkinders bygekom het, sit ons baie van die tyd net in ‘n sirkel, eet snacks en kyk na hulle terwyl ons almal sê: ‘Aww, dis oulik’ of ‘Kyk nou net daar’.”

Mel noem dat haar ma gaande is oor Michael Bolton se Kersfeesliedjies, maar ‘ons het gelukkig nou opgradeer na Justin Bieber se Kersfeesalbum’.

“Kersfees is nie Kersfees sonder ‘n groot legkaart nie – ons baklei altyd wie die laaste stukkie insit. Ons daag mekaar ook altyd uit met ‘n potjie Scrabble en die mense met baie geduld speel skaak.

“Net voor die feesseisoen klaar is, dan kies ons almal ‘n tema vir ons jaar wat voorlê. My temawoord vir 2023 was ‘professionele groei’, iemand anders in die familie s’n was ‘geestesgesondheid’,” verduidelik sy.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button