Sasolburger in spervuur oor verwarring met beweerde Oos-Kaapse verkragter

Jaco Pieterse van die Vaal sê sy 'enigste sonde' is dat sy naam dieselfde is as 'n skoolhoof wat van verkragting beskuldig word.

‘n Man van Sasolburg in die Vrystaat vrees vir sy lewe en dit alles oor mense wat sy identiteit met die van ‘n naamgenoot in die Oos-Kaap verwar.

Vaalweekblad berig die Jaco Pieterse in die Oos-Kaap is ‘n skoolhoof wat deur die polisie ondersoek word in verband met die verkragting van ‘n sewejarige meisie.

Wat sake erger maak is dat daar tot dusver geen konkrete bewyse is dat die skoolhoof aan verkragting skuldig is nie, hoewel hy ook reeds gekruisig word.

AfriForum se Privaat Vervolgingseenheid, wat die Matatiele-skoolhoof Jaco Pieterse verteenwoordig in sy poging om sake van laster en dreigemente van geweld aanhangig te maak, sê hy sal onmiddellik van die saak onttrek indien bewyse voorgelê word wat Pieterse impliseer in die verkragting van die meisie.

Die skoolhoof se lewe sal egter nooit weer dieselfde wees nie, al word sy onskuld bewys.

Vaal se Jaco

Die Vaal se Jaco Pieterse is ‘n gewone gesinsman en nutsman van beroep, wat nou op sosiale media onder aanvalle en dreigemente deurloop.

Die ‘Facebook-speurders’ het die verkeerde Jaco begin aanval en vandaar het dinge net vererger.

Jaco sê sy foon hou nie op lui nie en die doodsdreigemente stroom in op WhatsApp. Dit het nou ook ‘n uitwerking op sy werk, omdat hy te bang is om sy foon te antwoord en sodoende klante verloor.

Hy vrees ook dat daar ‘n stigma aan hom gekoppel is en voornemende klante wat hom nie ken nie, hom nie in hulle huise sal toelaat nie.

“My enigste sonde is dat my naam Jaco Pieterse is. Ek is net ‘n gewone man wat wil werk en my gesin onderhou,” sê Jaco van die Vaal.


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button