Seun en ma van Middelburg gee Checkers-afleweraar skuiling en koek tydens storm

Onweer in Mpumalanga het gelei tot ’n onverwagse tweede verjaarsdagviering toe ’n dankbare seun van sy eie geskenkgeld uitgedeel het.

’n Facebook-plasing vertel hoe Zanje Faure en haar verjaarsdagseun, Livan, van Middelburg ’n afleweraar gistermiddag (14 November) met koek en Oros bederf het.

Volgens Middelburg Observer vertel Faure die storie so: Sy moes ’n pakkie by die hek gaan haal toe Fiston Mulumba met sy Sixty60-bromponie daar aangery kom.

Die hemele bo hom en Faure het behoorlik oopgemaak en sy het Mulumba dadelik uit die reën geroep toe haar seun, Livan, skielik met R100 by die huis uitgehardloop kom.

’n Fooitjie en ’n glas Oros

In Livan se hand was Fiston se fooitjie.

Mulumba het die noot by Livan gevat en die seun se hand uit dankbaarheid op en af geskud.

Faure is terug by die huis in met Livan agterna om vir Mulumba ’n glas Oros te skink.

’n Bord met koek is ook vir Mulumba gebring.

Sien, Livan het verjaar en die geld en koek was die oorblyfsels van ’n heuglike bederf.

2de verjaarsdagviering

Maar Livan was nie klaar nie, en omdat Mulumba die wind en weerlig aangedurf het, het hy vir hom ’n ekstra R50 van sy verjaarsdaggeld in die hand gestop.

Die onweer was die perfekte verskoning vir die nuutgevonde vriende om Livan se verjaardag ’n tweede maal te vier.

In Livan was daar ook ’n begeerte om Mulumba van Jesus te vertel — ’n gesprek wat Faure ongelukkig nie deur die ‘joy’ kon hoor nie.

“Daar was joy!” is al wat sy weet.

Die twee het soos ou vriende die lewe sit en bepeins terwyl Faure se moederhart vergenoegd gebons het.

“Dit is die Suid-Afrika waaroor ek droom,” sê Faure.

“Teach them kindness always,” is Faure se raad oor hoe om haar droom te verwesenlik.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button