Só vergelyk kospryse in Suid-Afrikaanse metros

'n Opname vergelyk die prys van 'n huishoudelike voedselmandjie in Johannesburg, Durban en Kaapstad met mekaar.

In ’n onlangse opname wat gedoen is deur die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity groep is bevind dat Johannesburg die duurste metro is in Suid-Afrika om huishoudelike produkte te bekom.

Die peiling het drie metros: Johannesburg, Durban en Kaapstad met mekaar vergelyk. Kaapstad was uit die drie, die goedkoopste metro, en dieselfde produkte kon teen naastenby R400 minder in Kaapstad bekom word as in Johannesburg.

Die voedselprodukte wat vergelyk is, toon volgens die navorsers die aankoop tendens van ’n gemiddelde Suid-Afrikaanse gesin. Die huishoudelike voedselmandjie sluit 44 items in wat strek vanaf mieliemeel, sout, beesvleis, aartappels en uie tot konfyt en brood en sluit voedselsoorte in wat deur die laer-inkomste gesin verbruik sal word.

Die studie lewer waardevolle insigte rondom die wyer voedsel prystendense van regoor die land en daar is soms ’n merkbare verskil in die prys van sekere uitgesoekte produkte uit verskillende dele van die land.

Spinasie kos bv. R82.83 vir agt bondels in Johannesburg, teenoor R117.02 in Durban.

Die Pos het in Bela-Bela pryse gaan vergelyk om te sien of daar enige noemenswaardige verskil is in pryse tussen die groot metros en dié plattelandse dorp. Agt bondels spinasie kos dan R103.92 plaaslik.

Ander noemenswaardige prys verskille wat opgemerk is, is 2.5s kg polonie wat R89.99 in Bela-Bela kos, prys R71.32 in Johannesburg en R58.39 in Kaapstad. Mieliemeel se prys is bepaal op R339.97 vir 30kg in Johannesburg, R293.22 in Durban en R259.98 in Bela-Bela.

In totaal het die opname bepaal dat die koste van ’n huishoudelike voedselmandjie, wat naastenby genoeg is om ’n gesin van vier te voed, per maand in Kaapstad R5 040.18 kos, in Durban R5 226.74, in Johannesburg R5 482.65 en in Bela-Bela sal ’n soortgelyke mandjie jou R5 686.83 uit die sak jaag, met enkele verskille soos die prys van 7kg aartappels en uie wat gebruik is in Bela-Bela, en nie 10kg soos elders nie.

Die prys van lemoene is vir 2kg in Bela-Bela en nie ’n sakke van 7kg soos in die metro’s nie.

Dit is duidelik dat dit haas onmoontlik is om ’n gesin vandag te voed as jy in die laer inkomste groepe val.

Die bogenoemde huishoudelike voedselmandjie is dus vir die persone wat op ’n regeringstoelae (SASSA) staat maak ’n onbegonne taak.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button