Soektog na dogtertjies in Bothaville eindig tragies

Die kinders was sedert Dinsdag vermis en hul liggame is deur familielede uitgeken.

Die soektog na twee dogtertjies wat deur water in die Valsrivier by Bothaville meegesleur is, het tragies geeïndig ndat hul liggame gistermiddag gevind en deur familielede uitgeken is.

Parys Gazette berig dat die soektog na die twee kinders, onderskeidelik sewe en 10 jaar oud, Dinsdag geloods is nadat hulle saam met ‘n 11-jarige meisie deur ‘n sterk rivierstroom meegesleur is.

Die 11-jarige meisie kon daarin slaag om aan ‘n boomstam vas te klou.

Polisieduikers het nadat die voorval gerapporteer is, onverpoosd na die liggame van die twee kinders gesoek. Die soek-en reddingspan is deur die Vrystaat polisie se lugvleuel ondersteun.

Die name van die dogtertjies word op versoek van die familie nie bekendgemaak nie, het polisiewoordvoerder, kapt. Loraine Earle gesê.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button