Soektog na dogtertjies eindig tragies
Die soek- en reddingspan het sedert Dinsdag onverpoosd na die kinders gesoek.

Die soektog na twee dogtertjies in die Valsrivier by Bothaville het vanmiddag tragies geeïndig toe die liggame van twee dogtertjies 7 en 10 jaar oud onderskeidelik, in die water gekry en deur familielede uitgeken is. Die name van die dogtertjies word op versoek van die familie nie bekendgemaak nie, het polisiewoordvoerder, kapt. Loraine gesê.
Die soektog na die dogtertjies is Dinsdag begin nadat hulle die laaste keer deur ‘n vriendin in die Valsrivier gesien is. ‘n Grootskaalse soektog is dadelik na die kinders begin wat saam met ‘n 11-jarige meisie deur ‘n sterk rivierstroom meegesleur is.
Die 11-jarige meisie kon wel daarin slaag om aan ‘n boomstam vas te klou.
Polisieduikers het nadat die tragiese voorval gerapporteer is, onverpoosd na die liggame van die twee kinders gesoek.
Die soek-en reddingspan is ook ondersteun deur polisie se lugvleuel in die Vrystaat.