Stywe boete vir Oudtshoorn-man wat onwettig om Sassa-geld aansoek doen

’n Man van Oudtshoorn het ’n boete en terugbetalingsbevel gekry nadat hy onregmatig Sassa-geld ontvang het.

‘n Man wat valslik vir Sassa-toelae aansoek gedoen het, is verlede week in die Oudtshoorn-landdroshof ‘n stywe boete opgelê en ook gelas om die geld wat hy ontvang het, aan die departement terug te betaal.

Colin Majola het ‘n pleit- en vonnisooreenkoms met die staat aangegaan waarin hy skuldig pleit, berig Oudtshoorn Courant.

Hy het tussen Augustus 2021 en Maart 2022 voorgegee dat hy werkloos was en het R2 800 ontvang waarvoor hy nie gekwalifiseer het nie. Hy het ‘n eie lonende besigheid bedryf.

Hy is volgens die pleitooreenkoms tot ‘n boete van R10 000 of 10 maande gevangenisstraf gevonnis, waarvan R5 000 of vyf jaar voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is.

Die hof het ook ‘n vergoedingsbevel uitgereik waarvolgens hy die bedrag van R2 800 aan die departement maatskaplike dienste moet terugbetaal.

Brandon Smith het vir die staat en Bulelani Bans vir Majola verskyn.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.oudtshoorncourant.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Garnett Wicomb

Garnett Wicomb, Oudtshoorn Courant
Back to top button