Stywe boete vir Prins Albert-man wat niggie met sambok slaan
Melvin Jaftha (40) het vroeër vanjaar sy niggie drie keer met 'n sambok geslaan nadat sy op sy ma gevloek het.
‘n Man van Prins Albert wat sy niggie met ‘n sambok geslaan het is in die Oudtshoorn-streekhof aan aanranding met die opset om ernstig te beseer skuldig bevind, en ‘n opgeskorte vonnis met stywe boete opgelê.
Melvin Jaftha (40) het in sy pleitverduideliking erken dat hy op 10 Maart vanjaar kwaad geword het vir sy niggie wat op sy ma gevloek het.
Hy het toe ‘n sambok gevat en haar drie keer daarmee geslaan.
Volgens die staatsaanklaer, Anzelle Laubscher, is hy nie ‘n eerste oortreder nie en is voorheen ook al aan verkragting skuldig bevind en tronkstraf opgelê.
Streeklanddros Ntsoki Moni het Jaftha ‘n boete van R8 000 of drie jaar gevangenisstraf opgelê wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is, en hom ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Read original story on www.oudtshoorncourant.com