Tugverhoor vir Vaal rugbyafrigters wat langs veld baklei

Die Valke Laerskole Rugbyvereniging het twee afrigters en ’n afrigter se pa belet om die komende half- en eindstryde by te woon, terwyl tugverhore voortgaan ná ’n bakleiery langs die veld.

Die twee laerskole-afrigters wat verlede week in Risiville, Vereeniging, tydens ʼn o.11-rugbywedstryd langs die veld handgemeen geraak het, staar streng dissiplinêre aksie in die gesig.

Ettienne de Lange, hoof uitvoerende beampte van die Valke-rugbyunie, het gister bevestig dat die afrigters se tugverhoor na verwagting aanstaande week afgehandel sal word en dat ernstige strawwe kan volg.

Hy het voorts te kenne gegee dat behoorlike opleiding vir skole, onderwysers en afrigters nodig is om toekomstige voorvalle te voorkom.

‘n Video van die voorval het soos ʼn veldbrand op WhatsApp versprei. Die twee skole het Vrydag ʼn gesamentlike persverklaring uitgereik.

Dit volg nadat die Laerskool Kollegepark reeds vroeër vandeesweek ʼn persverklaring op die skool se Facebookblad uitgereik het waarin die voorval ten sterkste veroordeel is en hulle verbintenis beklemtoon is om ‘n veilige omgewing vir leerders, personeel en die uitgebreide skoolgemeenskap te skep en te bevorder.

Dit sluit in:

  • Verhoodge sekuriteitsaanwesigheid,
  • beperkte toegang tot sekere areas op die veld,
  • beradingsondersteuning,
  • deurlopende kommunikasie met ouers en
    hersiening van veiligheidsprotokolle.

Die Valke Laerskole Rugbyverening (Sedibeng) het die twee betrokke afrigters, asook die een se pa, belet om die half- en eindstryde van die plaaslike liga by te woon.

Hiernaas is die gesamentlike verklaring wat uitgereik is: “Ons veroordeel sulke optrede ten sterkste en bevestig dat dit nie die waardes van ons onderskeie instellings of die gees van sportmanskap weerspieël nie.

“Albei skole is trots op ons lang tradisie van gesonde mededinging en wedersydse respek. Ons ondersteun mekaar volledig in die hantering van hierdie voorval en werk nou saam om te verseker dat so ‘n voorval nie weer voorkom nie.”

Toepaslike stappe word gedoen in ooreenstemming met ons dissiplinêre beleid, met die fokus op die welstand en ontwikkeling van ons leerders.

“Ons bly verbind tot die bevordering van goeie sportmanskap, respek en positiewe waardes en sal voortgaan om saam te staan in die belang van ons kinders se opvoeding en groei.

“Ons waardeer die gemeenskap se ondersteuning en verstaan dat sulke insidente nie die gees van ons skole of ons leerders definieer nie.
“Ons plaas op rekord dat geen een van die twee skole self enige berigte in die media geplaas of versprei het nie.

  • Die Laerskool Risiville en Kollegepark se o.11-spanne kom aanstaande week in die eindstryd van die plaaslike liga teen mekaar te staan.

 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button