Verdagte vas na Vrouedag-moord op Oos-Kaapse fisioterapeut

Bure het die vrou met veelvuldige steekwonde in haar huis gevind nadat hulle haar hoor skree het.

Kort nadat ‘n Gqeberha vrou in haar huis vermoor is op Vrouedag, het die polisie ’n 29-jarige verdagte in die sentrale deel van die stad gearresteer.

Marolien Schmidt (40) is Woensdag in die vroeë oggendure in haar huis vermoor, vermoedelik nadat sy op ‘n inbreker afgekom het.

Schmidt se bure het haar te hulp gesnel nadat hulle haar hoor skree en glas hoor breek het. Hulle het haar omstreeks 01:40 met veelvuldige steekwonde op die vloer van haar huis gevind. Sy is na die hospitaal gehaas, maar het aan haar beserings beswyk

Polisiewoordvoerder kapt. Sandra Janse van Rensburg sê speurders van die Humewood-polisiestasie het onverpoos gewerk om die verdagte vas te trek. Hy is Donderdag gearresteer.

Schmidt was ‘n fisoterapeut van beroep en het bekend gestaan as The Pink Physio.

Read original story on www.graaffreinetadvertiser.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button