Video: Luislang sluk Brits-inwoners se hond in

‘n Pitbull-kruising is Vrydagnag deur 'n luislang wat 4.1m lank is en 30kg weeg, ingesluk.

“My werker het gehoor ons hond blaf vreemd en tjank en het gaan ondersoek instel. En toe kom hy op die slang af wat besig was om ons hond in te sluk. Dit was vreeslik!”

Só het Charlotte Molefe van Bethanie by Brits vertel na ‘n reuse luislang Vrydagnag hulle hond, ‘n Pitbull-kruising, gevang het.

“Dit was ‘n reuse slang. Ons het so geskrik. Ek het die polisie gebel om te kom help en hulle het vir my die slangvanger se nommer gegee.”

Jac-Louis Horn van Critter Chronicles is kort na middernag na die plaas om te help. “Toe ons die slang vang, het sy die hond uitgespoeg. Sy (die luislang) is 4.1m lank en weeg 30kg.”

Horn het die slang verwyder om in ‘n veilige omgewing vry te laat, maar hy was skaars weg toe kry hy ‘n oproep van ‘n aangrensende plaas waar hy pas die luislang verwyder het. Nog ‘n reuse luislang het ‘n bok op dié plaas gevang.

“Die een was nie so groot nie, net 3.8m… Hy het nie tyd gehad om die bok in te sluk voor ons hom gevang het nie.”

Horn het die twee slange in die Pilanesberg Reservaat vrygelaat.

“Ons kom nie baie met sulke groot luislange in aanraking nie. Dit is ongelooflike diere. Die gemiddelde Suid-Afrikaanse luislang is ongeveer 3m lank. Die grootste ooit gemeet was 5.5m in die laat sewentigerjare. Dis ‘n voorreg om sulke grotes te sien.”

Read original story on kormorant.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button