Voormalige Puma-rugbyspeler in aanhouding na beweerde moord

Die polisie in Pretoria het onlangs vir Dawie Nel gearresteer in verband met die moord op sy vriendin.

Dawie Nel, wie tussen 1997 en 2001 vier wedstryde vir die Pumas gespeel het, is verhoorafwagtend op aanklag van moord.

Die voormalige leerder van Hoërskool Kanonkop in Middelburg is onlangs in Pretoria gearresteer en die polisie beweer dat hy in Desember 2020 ’n vriendin na ’n argument vermoor het.

Nel is kort na sy arrestasie verwys vir psigiatriese waarneming en sal later vanjaar verhoor word. Hy is sedert sy inhegtenisname in aanhouding in Gauteng.

Die omstandighede van die beweerde moord is nie in hierdie stadium bekend nie, maar vriende beweer dat Nel se persoonlikheid drasties verander het nadat hy in ‘n motorfietsongeluk betrokke was.

Hierdie ongeluk was nie die enigste emosionele voorval wat die belowende voorryspeler onlangs moes verwerk nie.

Nel is in 2018 by ‘n verkeerslig in Pretoria met skroewedraaiers en messe toegetakel. Middelburg Observer het destyds berig dat hy by ‘n verkeerslig naby die Atterbury Value Mart gestop het toe ‘n booswig die kattebak van sy voertuig oopruk.

Hy het uitgespring om dit gou toe te maak, maar nog drie rowers het glo op hom toegesak.

Een van die rowers het hom aangeval, glo met ‘n skroewedraaier, en dit van sy sleutelbeen se kant af in sy long gesteek. ‘n Ander een het van bo af hom in die gesig gesteek met ‘n mes.

In die geveg is sy ribbes gekraak en hy het met bloed wat uit sy wonde spuit na die Life Wilgers Hospitaal gejaag.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button