Wes-Kaapse man vas oor kinderpornografie

'n 45-jarige man van Bothastrand is by sy spogwoning gearresteer nadat hy glo in die besit van eksplisiete kinderpornografie was.

Polisiebeamptes verbonde aan die Mosselbaai se eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe, het op skokkende beeldmateriaal van kinderpornografie afgekom nadat hulle van die misdrywe van ‘n inwoner van Bothastrand, Groot-Brakrivier, bewus geraak het.

Die polisie is ongeveer twee weke gelede van die moontlikheid van beweerde kinderpornografie op die 45-jarige man se selfoon ingelig.

Hulle het die verdagte by ‘n spogwoning in Bothastrand besoek waarna die verdagte sy selfoon aan die polisie oorhandig het.

Die beeldmateriaal en foto’s op die selfoon was inderdaad die van eksplisiete kinderpornografie.

Die verdagte is dadelik in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding in George. Hy het reeds twee keer in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van die besit van kinderpornografie.

Die verdagte se identiteit kan eers bekendgemaak word sodra hy gepleit het.

Die saak word verder ondersoek deur ‘n spesialis-eenheid van Kaapstad. Die verdagte verskyn weer later vandeesmaand in die hof.

Read original story on www.mosselbayadvertiser.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button