Wes-Kaapse storms: Volstruise verdrink, boer sê ‘ons is dankbaar vir die reën’

Ten spyte van ‘n groot verlies sê ‘n Outdshoorn-volstruisboer dat ‘dinge weer sal regkom’ ná ‘n video van sy volstruise in vloedwater op sosiale media versprei word.

‘n Video van ‘n trop volstruise met net hulle nekke wat bo die vloedwater uitsteek het opslae gemaak op sosiale media.

Flip Olivier, ‘n boer van Oudtshoorn, sê dat hy nie bewus was van die video wat deur ‘n plaaslike inwoner geneem is nie, tot dit soos ‘n veldbrand op sosiale media begin versprei het.

In die video, kan gesien word hoe Olivier oor ‘n draad klim en na ‘n volstruis swem wat se kop byna onderwater is.

Hy sê dat hy die helfde van sy trop verloor het omdat dit donker was toe hulle kamp oorstroom het.

“Toe ek by hulle kom was dit donker, ek kon nêrens met hulle gaan nie. Jy kan met ‘n volstruis niks maak in die donker nie. Hy is nie soos ‘n bees wat jy kan aanjaag nie. Ons moes wag tot dit lig word om hulle te help,” vertel Olivier.

Hy sê talle volstruise het verdrink omdat hulle voete êrens onder die water verstrengel geraak het.

“’n Volstruis kan houe op sy lyf vat, maar as daar iets met sy voete of bene verkeerd gaan, dan is dit verby,” verduidelik Olivier.

Die voëls wat hy kon red vorder goed nadat hy hulle mielies en suikerwater gevoer het en Olivier glo dat hulle ten volle sal herstel.

In skrille kontras met die verwagte reaksie van ‘n boer wat verlies gely het as gevolg van die ongure weer wat tans die Wes-Kaap in ‘n wurggreep het, is Olivier se eerste woorde toe hy oor die ramp uitgevra word: “Ek het die helfde van my trop verloor, maar dit sal weer regkom.

“Ons sal weer opstaan. Dis hoekom ons nog in hierdie land is. Jy maak jou rug styf, en jy bou weer op. Met krag van ons Hemelse Vader moet ons op ons knieë bly. Ons het gevra vir reën want daarsonder kan jy ook niks maak nie.”

Lees meer oor die chaos en dodetal wat ongure weerstoestande in die Wes-Kaap veroorsaak hier.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button