Willem Kruger ondersoek: Gerrie Nel rig brief aan nasionale kommissaris

Speurders het glo vals hoop by die Kruger familie geskep deur onlangs te sê dat hulle nuwe inligting en bewysstukke hanteer.

Advokaat Gerrie Nel van die Afriforum Privaatvervolgingseenheid het in ’n skrywe, ’n beroep op majoor generaal Sibiya, adjunk-nasionale kommissaris van misdaadvoorkoming, gedoen om te sorg dat Willem Kruger se doodsondersoek gefinaliseer word.

Kruger het in die vroeë oggendure van 13 November 2022 verdwyn tydens ’n rampartytjie van Ghini Greyling by die Henbase Lodge in Mpumalanga.

Gevorderde toerusting is gebruik om die Vaalrivier, wat op daardie stadium in vloed was, te deursoek. Sy bakkie, met Kruger se oorskot nog daarin, is nege dae later gevind.

Advokaat Nel het sy kommer uitgespreek oor die SAPD se versuim om te antwoord op briewe wat op 25 April, 10 Mei en 12 Junie namens die Kruger familie gestuur is.

Die brief het die volgende uitgewys:

• Dat die familie se trauma wat deur die verlies van hulle seun se dood veroorsaak word, onredelik vererger word deur die ondersoekbeamptes se mislukking om die ondersoek te finaliseer en die dossier aan die aanklaer te oorhandig.

• Dat die SAPD-bestuur bewysstukke wanbestuur en dat die ondersoekspan twee maande gegee is om die ondersoek te finaliseer.

• Adjudant offisier Nhlapo het ’n maand gelede die Kruger familie in kennis gestel dat hy nog besig is om verklarings af te neem.

•Dat adjudant Nhlapo en sy medespeurder vals hoop geskep het by die Kruger familie deur verklarings te maak dat hulle besig is om nuwe inligting en bewysstukke te hanteer.

• Dat die onthullings vergesog en irrasioneel is.

• Dat die Kruger familie verlede week vir die derde keer inligting moes indien wat reeds maande gelede by die dossier gevoeg was, wat rede gee om te glo dat die dossier verlore is of dat bewysstukke vervang word.

• Dat die polisie se bestuur nie leiding gee aan die speurders nie of dat speurders die wanindruk skep dat hulle op die rand van ’n deurbraak is terwyl objektiewe feite egter geen teken gee van vuilspel nie.

• Dat daar geen poging is om vals WhatsApp-boodskappe of die elektroniese-stelsel in Willem se voertuig te ondersoek nie en dat daar geen rekord gehou is van hierdie bewysstukke nie.

• Dat hierdie boodskappe, wat Afriforum glo is vals, ook aan die speurders deurgegee is, wat ingestem het dat dit vals is en onderneem het om dit te ondersoek.

• Dat die vertraging om die ondersoek te finaliseer spekulasie en ongegronde opinies onder die publiek en “sosialemedia-speurders” aanhits en dat hierdie opinies objektiewe feite weerspreek.

Kruger het in die vroeë oggendure van 13 November 2022 verdwyn tydens ’n rampartytjie van Ghini Greyling by die Henbase Lodge in Mpumalanga.

Gevorderde toerusting is gebruik om die Vaalrivier, wat op daardie stadium in vloed was, te deursoek. Sy bakkie, met Kruger se oorskot nog daarin, is nege dae later gevind.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button