News

Willem doodsondersoek: Gerrie Nel rig brief aan nasionale kommissaris

Advokaat Gerrie Nel van die Afriforum Privaatvervolgingseenheid het in ’n skrywe, ’n beroep op majoor generaal Sibiya, adjunk-nasionale kommissaris van misdaadvoorkoming, gedoen om te sorg dat Willem Kruger se doodsondersoek gefinaliseer word.

Advokaat Nel het sy kommer uitgespreek oor die SAPD se versuim om te antwoord op briewe wat op 25 April, 10 Mei en 12 Junie namens die Kruger familie gestuur is.

Die brief het die volgende uitgewys:

• Dat die familie se trauma wat deur die verlies van hulle seun se dood veroorsaak word, onredelik vererger word deur die ondersoekbeamptes se mislukking om die ondersoek te finaliseer en die dossier aan die aanklaer te oorhandig.

• Dat die SAPD-bestuur bewysstukke wanbestuur en dat die ondersoekspan twee maande gegee is om die ondersoek te finaliseer.

• Adjudant offisier Nhlapo het ’n maand gelede die Kruger familie in kennis gestel dat hy nog besig is om verklarings af te neem.

•Dat adjudant Nhlapo en sy medespeurder vals hoop geskep het by die Kruger familie deur verklarings te maak dat hulle besig is om nuwe inligting en bewysstukke te hanteer.

• Dat die onthullings vergesog en irrasioneel is.

• Dat die Kruger familie verlede week vir die derde keer inligting moes indien wat reeds maande gelede by die dossier gevoeg was, wat rede gee om te glo dat die dossier verlore is of dat bewysstukke vervang word.

• Dat die polisie se bestuur nie leiding gee aan die speurders nie of dat speurders die wanindruk skep dat hulle op die rand van ’n deurbraak is terwyl objektiewe feite egter geen teken gee van vuilspel nie.

• Dat daar geen poging is om vals WhatsApp-boodskappe of die elektroniese-stelsel in Willem se voertuig te ondersoek nie en dat daar geen rekord gehou is van hierdie bewysstukke nie.

• Dat hierdie boodskappe, wat Afriforum glo is vals, ook aan die speurders deurgegee is, wat ingestem het dat dit vals is en onderneem het om dit te ondersoek.

• Dat die vertraging om die ondersoek te finaliseer spekulasie en ongegronde opinies onder die publiek en “sosialemedia-speurders” aanhits en dat hierdie opinies objektiewe feite weerspreek.

• Willem het in die vroeë oggendure van 13 November 2022 verdwyn tydens ’n rampartytjie van Ghini Greyling by die Henbase Lodge.

Gevorderde toerusting is gebruik om die Vaalrivier, wat op daardie stadium in vloed was, te deursoek. Sy bakkie, met Willem se oorskot nog daarin, is nege dae later gevind.

Lees ook:

“Stop!” – Polisie vra bewerings oor Willem Kruger moet ophou

Elke Facebookgroep het iets oor Willem Kruger te sê

Duisend ruk op in soektog na Willem Kruger

Helikopters en bote soek sedert ligdag na Willem

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button