Witbank-polisieman reeds 50 dae in hospitaal ná motorfietsongeluk
'n Polisiekaptein van Witbank is al meer as 50 dae in die intensiewesorgeenheid van Mediclinic in Mbombela.
‘n Polisieman van eMalahleni in Mpumalanga, kaptein Willem Archer, veg vir sy lewe in Mediclinic in Mbombela.
Archer was op 6 Oktober in ’n motorfietsongeluk betrokke in die Laeveld. Hy is sedertdien al meer as 50 dae in die intensiewesorgeenheid van Mediclinic in Mbombela, berig Witbank Nuus.
Sy vrou, Carien het vanoggend laat weet Archer se infeksie daal steeds. Hy sou vandag weer dialise ondergaan en ’n eenheid bloedkonsentraat. Hy is steeds op ’n ventilator.
Archer is baie bekend in hardloopkringe. Hy het die Comrades Marathon al 20 keer gehardloop.
Die gemeenskap is gevra om vir die Archer-familie te bid.
Read original story on www.citizen.co.za