Network Sport

Bakkies Botha skop Munga af – Hammie Wessels neem eerste lang skof

Bakkies Botha trap saam met Hammie Wessels in die eerste skof van die berugte Munga, 'n uitmergelende fietswedren.

Bakkies Botha en Hammie Wessels is nie ’n kombinasie wat jy in ’n skrum sal sien nie. Hulle is ook nie ’n kombinasie wat jy op ’n musiekverhoog sal sien nie.

Maar, volgens Middelburg Observer, trap die twee vanoggend saam in die eerste skof van die Munga-bergfietsuitdaag. Hierdie fietswedren het die land aan die gons.

Byna 1 200km

Die wedren vind plaas tussen Bloemfontein en Wellington oor byna 1 200km. Die Springbokslot soek nog na ’n fiets wat daardie groot lyf kan dra, maar dit is eintlik ’n rugbesering wat hom uit die volle wedren hou.

Hy gaan wel vandag se eerste skof saam met Hammie Wessels begin, maar net 60km trap. Die wedren begin om 12:00.

Munga nie grappies nie

Daarna is dit die skreeusnaakse musikant, seremoniemeester en natuurlik boetie van Robbie Wessels wat gaan agterkom dat die Munga nie grappies is nie.

Hy trap die eerste skof se 230km tussen Bloemfontein en Vanderkloofdam. Daarna neem die driekamp atleet, Magda Nieuwoudt, oor en ry 198km tot in Britstown. Haar tweeling suster, Rika Calitz, trap 194km vanaf Britstown tot in Loxton.

Christian, Rika se man, sit die geveg teen die Karoo voort en trap die skof tussen Loxton en Sutherland wat 230km is.

Tot in Wellington

Dinge raak hierna interessant want Nieuwoudt trap die lang 251km skof tussen Sutherland en Ceres en moet ook die laaste 48.5km saam met die res van die span tot in Wellington trap.

Die span se kaptein is Breyton Paulse wat een van die skofte sou ry maar tydens die Wines2Whales bergfietswedren beseer is.

  • Nieuwoudt was voorheen aan Hoërskool Middelburg verbonde en Botha is ’n oud HTS Middelburg-leerling.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.

Related Articles

Back to top button