Network Sport

Kyk: Geveg breek uit ná derby wedstryde in Middelburg

'n Skouspelagtige skolesportdag tussen Middelburg Hoërskool en HTS Middelburg is ietwat versuur deur 'n bakleiery op die pawiljoen.

En toe gebeur dit.

Dit wat mens nie by ‘n skouspel soos die Middelburg Hoërskool en HTS Middelburg-derby wil hê nie: ‘n Vuisgeveg.

Middelburg Observer berig die appels het geswaai op die Middie-ondersteuners pawiljoen nadat kanniedood HTS ondersteuners hier en daar tussen die skare moes sitplek soek.

Die eindfluitjie het lankal geblaas voordat dié geveg uitgebreek het.

Eers lê die mans in, en dan spoel dit oor na die vroue. Vingers word nou heen en weer gewys.

Na wat verneem word het die bakleiery oor ‘n dampstokkie (vape), wat tussen Middies-ondersteuners gebruik is, ontstaan.

Die dag was verder harmonieus en ‘n vertoonkas vir Mpumalanga-rugby. Die Middies het die wedstryd 26–10 teen die Rooi Bulle gewen.

Die video hieronder, wat tans ‘n sosiale media veldbrand veroorsaak het, was volgens ooggetuies net ‘n storm in ‘n teekoppie by wat anders ‘n vlekkelose derby was.

Middies se hoof JJ Hennop is genader vir kommentaar, maar kon nie bereik word ten tye van publikasie nie.

Kyk die video:

Of kyk die video op TikTok.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.

Related Articles

Back to top button