Pret in die son saam met tiertjies en vele ander
Die perfekte daguitstappie vir natuur- en diereliefhebbers.

Ouers wat nie weet wat om dié vakansie met die kleinspan te doen nie, kan hulle gerus na die Mystic Monkeys & Feathers-wildlewepark in Dinokeng, noord van Pretoria neem.
Die park spog met sjimpansee, Bengaalse tiere, wit leeus en selfs eksotiese voëls en is perfek vir ‘n luilekker dag saam in die natuur.
Die dierefamilie het selfs onlangs ‘n paar nuwe lede bygekry toe die park vier Asiatiese swart- luiperdwelpies en twee dwergseekoeie verwelkom het. Mannetjie- en wyfiesjimpansee is ook onlangs bymekaar gebring en dit was liefde met die eerste oogopslag. Daar word nou styf duime vasgehou vir ‘n baba-sjimpansee.
Besoekers kan ‘n heerlike piekniekmandjie bestel en op die gras kuier en vir diegene wat kitskos verkies, is daar ‘n restaurant wat ligte etes vars voorberei.
Ingangsgeld beloop R80 vir pensioenarisse, R100 vir volwassene, R50 vir kinders onder 12 jaar en vir kinders jonger as twee jaar is toegang gratis.
Mystic Monkeys and Feathers is ‘n private wildelewepark noord van Pretoria, en is oops ewe dae per week van 09:00 tot 16:00.
Vir meer inligting besoek www.mysticmonkeys.co.za of kontak Christa Saayman by 082 566 4929 of besoek die Facebook-Blad.
Klik hier vir meer foto’s.
Vir meer ideas lees ook:
Fun ideas for the school holidays