Kevin Leo bederf aanhangers

Kevin Leo bekoor aanhangers.

Kevin Leo se aanhangers is onlangs bederf met ‘n betowerende Kersvertoning deur dié plaaslike talent.

Die Kersvertoning, wat by Die Blou Hond-teaterrestaurant by Casa Toscana Lodge in Lynnwood gehou is, het ‘n heerlike maaltyd en vermaak deur Theo Bodenstein en Philip Moolman ingesluit.

Bodenstein, ‘n belowende liedjieskrywer, het ‘n paar van sy eie liedjies gesing terwyl Moolman die gaste behoorlik aan die lag gehad het sy speelse nabootsing van bekendes soos Nataniël, Theuns Jordaan en Steve Hofmeyr.

Kevin Leo het die gehoor in vervoering gehad met sy vertoning van klassieke Kerstreffers en ander gunstelinge.

Vir gratis gemeenskapsnuus besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ons Facebook-blad en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button