Nataniël se nuwe vertoning ‘n treffer

Nataniël het die gehoor behoorlik vermaak met sy nuutste vertoning.

Sanger, storieverteller en vermaaklikheidster Nataniël se nuwe vertoning Jeffrey and the Cold Feet het op Dinsdag 27 Januarie met ‘n propvol saal in Centurion-teater afgeskop.

Sy mengsel van stories en liedjies het groot byval by teatergangers gevind. Tussen liedjies vertel Nataniël ‘n storie wat inskakel by die volgende nommer wat hy sing.

Hy slaag goed daarin om nostalgie te wek oor klein dorpies soos Wellington en hul inwonende karakters. Van sy stories is skreeusnaaks, veral wanneer hy dit op sy droë manier vertel.

Nataniël se kombinasie van uitbundige kostuums, boeiende stories en pragtige musiek is ‘n belewenis wat nie misgeloop moet word nie.

Sy orkes bestaan uit drie talentvolle musikante – die bekende Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Hugo Radyn (tromme) – wat bydra tot die glans van die vertoning.

Nataniël se kaalkop-reeks produkte is by die vertoning te koop, van seep en kerse, CD’s, DVD’s en sy nuwe boek 150 Stories, ‘n versameling kortverhale soortgelyk aan die wat hy in sy vertoning vertel.

Jeffrey and the Cold Feet kan tot 21 Februarie by die Centurion teater bygewoon word.

Vir gratis gemeenskapsnuus in jou area, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Related Articles

Back to top button