Vier die lente en bespreek nou jou kaartjies
Vier die lente saam met die hele gesin by die Lente Makiti op 11 en 12 September.
Lentetyd is feestyd. Vier die lente saam met die hele gesin en bespreek nou kaartjies vir die Lente Makiti wat op 11 en 12 September by Laerskool Wierdapark plaasvind. Nog groter as verlede jaar se fees met vermaak vir die hele gesin is die fokus vanjaar op kos, kuns, en musiek. Daar is optredes deur die bekende Afrikaanse sangers soos Ampie, Pieter Koen, Monique en Willem Botha en aanhangers sal by ‘n spesiale “koskraal” met hul gunsteling sepiesterre kan bladskud.
As deel van die makietie kan Pretorianers aan een van die grootste potjiekoskompetisies in die land deelneem of hulle verkyk aan die sowat 145 stalletjies wat alles van kos tot kunsuitstallings sal verteenwoordig. Toegang beloop R50 per persoon en kinders onder die ouderdom van drie jaar is gratis. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Vir navrae, besoek: www.lentemakiti.co.za of volg Rekord op Facebook.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.