Plaaslike tuinklub sluit jaar af in Franse-styl
Die tuinklub van Montana het verlede week 'n kreatiewe jaareindfunksie in Fransestyl geniet.
Op ’n rustige, warm somersoggend in die noorde van Pretoria, het ’n groepie vroue in indrukwekkende Franse drag by ’n skilderagtige tuin bymekaar gekom om die einde van nog ’n suksesvolle tuinklub-jaar te vier.
Die Montana tuinklub is ’n nie-winsgewende klub wat bestaan uit 24 lede wat een keer per maand vergader om die gemeenskap meer te leer van Suid-Afrikaanse tuine, bome, struike en blomme.
Hierdie 24 vroue het goed gedink om vanjaar se jaareinde-tema Franse styl te maak om hulde te bring aan die terroriste aanvalle wat middel November in Parys plaasgevind het.
“Ons is hier om mekaar en die natuur te geniet, ons ontmoet elke maand om stories en ervaringe te deel, en af en toe gaan ons vir ’n uitstappie om meer te leer,” se Yvonne Vos, tuinklubleier en organiseerder.
Die dag is met ’n heerlike driegang ete afgesluit wat peuselhappies van lewersmere, vrugte en tuisgebakte brood ingesluit het. Die hoofgereg was koue geregte en nagereg om 2015 met ’n soet nasmaak af te sluit.
Mense wat belangstel om deel van hierdie pret tuinklub te wees, kan Yvonne Vos by 071-612-7186 bel.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.





