Lekker leesstof vir Mdie vakansiedae

Opsoek na lekker leesstof vir die luilekker vakansiedae wat op pad is? Hier is twee van ons gunsteling boeke.

Slaafs deur Bettina Wyngaard

’n Dag in die lewe van drie speurders van die Khayelitsha-polisiestasie is nie verfbal speel nie. Vra maar vir kaptein Nicci de Wee, “Ounooi” soos haar kollega Blackie haar noem. Haar priestervriendin Sally sal dit beaam en so ook Peters, wat skaars sy oë van Nicci kan afhou. Want in Khayelitsha is die Jane Doe’s volop: daardie vroueslagoffers wat so sonder naam op die staatspatoloog se outopsietafel beland. Maar waarom was daar vreemde vesels in die keel van ’n meisie wat aan ’n oordosis sterf en hoekom het sy en ’n tweede slagoffer dieselfde tatoeëermerk? Weldra daal Nicci en haar kollegas af in die donker onderwêreld van mensehandel, begelei deur die enigmatiese, en verleidelike doktor Gigi Gerber, kenner op die gebied van slawesindikate. En heeltyd, in die agtergrond, staan al die kwesbare ontwortelde mense van die wêreld. Die speurspan in Bettina Wyngaard se nuwe riller is mense van vlees en bloed wat diep voel, in intense verhoudinge tot mekaar staan, liefhet, verliese ly en die hart aangryp. Slaafs is beskikbaar teen R200.

Malhuis deur Anel Heydenrych

Helena Harmse is ’n Suid-Afrikaner in Londen. Bedags werk sy as sielkundige by ’n inrigting vir versteurdes. Snags is sy in kroeë op jag na Engelsmanne, verkieslik getroudes, wat sy optel vir seks. Maar spruit dié optrede uit ’n donker geheim wat sy in haar dra? Of hou Helen se bekruiper – ’n geheimsinnige vrou altyd in swart geklee – die sleutel tot haar troebel verlede? Namate Helena se verhaal ontvou en haar desperate e-posse aan haar twee kinders in Suid-Afrika al hewiger raak, ontrafel ’n kraaines van vergrype, liefde en wraak. Anel Heydenrych se Malhuis is ’n uitdagende, eroties-sielkundige riller. Malhuis is beskikbaar teen R220.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button