VIDEO: Binnelanders-sepie bloos oor glips

Sepie vra verskoning vir 'ongerief of ongemak'.

KykNet-sepie Binnelanders het om verskoning gevra omdat die woorde “Power Cock” en “Power Vagina” te sien was in een van sy tonele.

Dié woorde het op ’n rekenaarskerm verskyn in ’n toneel waar die karakters Naomi en Tertius ’n aanlyn-speletjie teen mekaar speel.

Skermgrepe en ’n selfoonopname van die toneel is toe op Facebook gedeel.

Die vervaardigers van Binnelanders het Dinsdag om verskoning gevra en het gesê dit sal nooit weer gebeur nie.

“Dis in ’n baie laat stadium tydens die samestelling van die episode bygevoeg en die betrokke woorde op skerm het deur al ons kwaliteit-keuringsprosesse geglip. Nie dat dit ’n verskoning is nie – ons is self erg ontsteld dat dit kon gebeur het,” lees die Facebook-inskrywing.

“As enigeen ongerief of ongemak as gevolg daarvan ervaar het, is ons opreg jammer. Wees verseker daarvan dat sulke beeldmateriaal nie weer in ‘n episode van Binnelanders sal verskyn nie.”

Kyk hier na die toneel:

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

Related Articles

Back to top button