SAUK soek jou!
As jy sonde met die bure het wat net nie wil einde kry nie, is hier nou jou kans vir 'n oplossing wat almal goed sal laat voel. Sabc2 soek na stories in Afrikaans vir 'n splinternuwe reeks oor konflik tussen bure. Hier is maar net 'n paar voorbeelde van die uitdagings wat baie mense …

As jy sonde met die bure het wat net nie wil einde kry nie, is hier nou jou kans vir 'n oplossing
wat almal goed sal laat voel.
Sabc2 soek na stories in Afrikaans vir 'n splinternuwe reeks oor konflik tussen bure.
Hier is maar net 'n paar voorbeelde van die uitdagings wat baie mense daagliks die hoenders in maak vir hulle bure: kultuur en godsdiensverskille tussen bure, grense, heinings en mure, geraas, katte, baldadige kinders en blaffende honde, geeste, spoke, tokolossies en heksery, diefstal, inbrake, parkering, vullis, en huismoles, sjebeens, wettige en onwettige besighede langsaan, dwelms en nog veel meer!
Vervaardigers nooi alle afrikaanssprekendes en hulle bure in die NMT gebied uit om hul stories op Sabc2 te kom vertel.
Let wel: dis baie belangrik dat julle toestem om julle storie op televisie te vertel. Kontak ons asseblief net as jy bereid is om op televisie te verskyn.
'n Bemiddelaar is byderhand om oor die probleem te gesels en te help om dit sommer net daar en dan op te los.
Belangstellendes kan ons gerus sms op 079 315 6294.
Los 'n kort beskrywing van jou probleem en ons sal julle kontak. Of stuur 'n epos aan vredemetdiebure@gmail.com.



