Local sportSport

Geluk aan Vryheid Luremasters Liga wenners

Geluk aan al ons liga wenners en baie dankie aan elke lid vir julle deelname en betrokkenheid by die Vryheid Luremasters.

BABEL, Rooibors Kurper en Blou Kurpers het die manne omtrent besig gehou met die Februarie Liga wat gehou is by Ngome Tea Estate.

Op 3 Februarie voor sonsopkoms was die bote gehak en die manne oppad.

Die oggend het bietjie reen en koue ingehou maar oor die algemeen was dit ‘n mooi dag met bosveld, stille waters, voels wat sing, manne wat lag en gesels en katrolle wat skree. Saterdag aand was ‘n prentjie van tente, vure en die heerlike geure van vleis wat braai. Sondag oggend is die lyne weer ingegooi voor die oppak en vertrek terug huis toe.

ALSO READ: For the love of fishing

AND: Fishing fanatics undeterred by low levels and heat

Liga Wenners: 1ste John Cannon, 2de Christo van Rheede van Oudtshoorn

Ons Maart liga was gehou by Grootgewaght dam op 10 Maart. Vroeg oggend was koud, mistig en reenerig maar dit was ook vroeg oggend wat die visse die besigste was. Brian Stoltz, Ajay Mohunram en Christo van Rheede van Oudtshoorn het ‘bag’ gevang (meer as 12 visse). Twaalf uur is daar vleis gebraai en gesels onder die koelte van die bome en toe is dit terug na die waters. Baie geluk aan Christo van Rheede van Oudtshoorn wat eerste en tweede plek gewen het.

Christo van Rheede van Oudtshoorn was ook ‘n Liga wenner.

April liga was op 7 Maart by Bloedrivier. Weereens ‘n lekker dag. Sonnig en warm. Die visvang was maar stadig maar vis is daar verseker gevang en na ‘n heerlike stukkie braaivleis, was die lyne terug in die water. Baie geluk aan Johan Grobler wat eerste plek gewen het en ook aan John Cannon met tweede plek.

Geluk aan al ons liga wenners en baie dankie aan elke lid vir julle deelname en betrokkenheid by die Vryheid Luremasters.

Die volgende liga sal wees by Bivane dam op 19 Mei.

Vryheid Luremasters bied op 2 en 3 Junie die Bivane Challange aan. Slegs 60 bote kan inskryf en die eerste prys is ‘n groot R25 000 kontant prys. Vir meer inligting besoek gerus ons webwerf www.bivanebass.co.za of kontak Ajay 082 808 9999 / Christo 083 289 5605.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button