NewsSchools
CVO-Dankie
ONS verwelkom al die leerlinge terug vir die nuwe kwartaal, ons vertrou dat julle die kwartaal met nuwe moed sal aanpak! Daar lê ’n kort maar besige kwartaal vir ons voor. Ons bedank graag Dominee Koen Janse van Rensburg van die APK Kerk Newcastle vir die boeke wat hulle aan ons skool geskenk het, ons …

Daar lê ’n kort maar besige kwartaal vir ons voor. Ons bedank graag Dominee Koen Janse van Rensburg van die APK Kerk Newcastle vir die boeke wat hulle aan ons skool geskenk het, ons waardeer dit opreg ! Baie van die boeke is alreeds in gebruik.
Baie dankie aan die Poolshop wat ons swembad so getrou in standhou, weet dat dit nie ongesiens verby gaan nie.
Die kwartaal wat verby is, was die Gr 1-6 -klasse op ’n opvoedkundige uitstappie na die Lucas Meyer Museum, die kinders het die vreeslik geniet.
Ons wil graag dankie sê aan die opsigter vir die vriendelike ontvangs.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



