NewsSchools

Landbou: Baie besig

DAGBOEKE is stampvol opwindende afsprake vir groot dinge wat aan die gebeur is. Ons kry dit nie reg om stil te sit nie, want daar is werk om te doen. Wonderlike werk! ‘Teach a Man to Fish’ is nie bloot ‘n gesegde in die Landbouskoolomgewing nie, ook nie bloot in Suid-Afrika nie! Daar is GROOT …

DAGBOEKE is stampvol opwindende afsprake vir groot dinge wat aan die gebeur is.
Ons kry dit nie reg om stil te sit nie, want daar is werk om te doen.
Wonderlike werk!
‘Teach a Man to Fish’ is nie bloot ‘n gesegde in die Landbouskoolomgewing nie, ook nie bloot in Suid-Afrika nie! Daar is GROOT dinge aan die gebeur. Mev. Annatjie van Niekerk (Skoolhoof) en Mnr. Paul Tait, Skoolhoof van Weston Agricultural College te Mooirivier is die eerste skoolhoofde in SA wat van 22 – 24 Oktober die Internasionale Konferensie vir selfonderhoudende landbouskole gaan bywoon. Die Saville Foundation, wat as borg optree vir Mev. Van Niekerk, wil graag die konsep in Suid-Afrika bevorder en vestig.
Vir hulle gaan dit oor oorlewing, want as jy selfonderhoudend is, is jou kanse op oorlewing veel groter. Landbouskole het ‘n groot bydrae om te lewer en vervul ‘n baie unieke rol in die samelewing en die toekoms van ons land. Google gerus “Self sufficient school Paraguaya” en lees meer oor hierdie BBC bekroonde opvoedkundige instelling se nederige suksesverhaal.
Daar is grensloos baie wat ons by hulle kan leer en saambring na SA om hier die suksesverhaal voort te sit.
Nuwe Rekenaarsentrum: Landbou se rekenaarsentrum is oorgedoen en word ten volle toegerus. Ons is kortasemopgewonde oor hierdie baie besonderde seen wat na ons kant toe gekom het. Binnekort meer hieroor.
New School Uniform: The SGB approved a range of new school wear. The approach is practical and will complement the outdoor lifestyle and character of the school. In conjunction with Johnson Work Wear Depot, this new look will be ready for the 2014 school year. Thank you to Mrs. Slump for all the hours and hard work that went into this project. We are very excited about our new look!
‘Best of the Feast’ is ‘n kultuurgeleentheid waarna ons lankreeds uitsien. Leerders wat onlangs deelgeneem het aan die voordrag- en dramafees en A+ simbole behaal het, tree komende Donderdagaand op by die “Best of the feast” teateraand in die skoolsaal. Spesiaal genooide gaste sal getrakteer word met Landbou se uitstekende talent en ‘n heerlike vingerete. Atriekeksamen: Baie sterkte aan Landbou se 23 matriekleerders wat vandeesmaand, op 8 Oktober, hulle eerste eksamenvraestel skryf. Ons beste wense vergesel elkeen!
Dagboek:
Landbou se jaarlikse prysuitdeling vind plaas op 18 Oktober Landbou
Landsdiens bied op 25 – 27 Oktober ‘n streekkamp aan. Baie sterkte aan Mev.
Ackhurst en haar bestuurspan wat die kamp reel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button