NewsSchools
LMS: Welkom terug – dis die laaste kwartaal
NA die kort vakansie is die kort skoolweek van 1 Oktober ook geskiedenis. Ons vertrou dat leerlinge en personeel die ruskans kon benut. ‘n Kort vierde kwartaal lê voor met ons interne eksamens wat geskeduleer is om op 12 November te begin. Tydens die Jaarlikse Nasionale Assessering wat plaasgevind het vanaf 10 – 13 September …

Tydens die Jaarlikse Nasionale Assessering wat plaasgevind het vanaf 10 – 13 September het die graadgroepe vanaf graad 1 tot graad 6 goeie rekenskap gegee. Die gemiddelde prestasies vir Afrikaans, maar ook vir Wiskunde was ver bo die Nasionale gemiddeldes van 2012. Die proses te Lucas Meyer is ook gemonitor deur Mev. B.N. Smith vanaf hoofkantoor. Mev. Smith het tydens ‘n personeelsamekoms gelukwense uitgespreek met die professionele wyse waarop sy ontvang is en die goeie administrasie van die Nasionale Assessering.
Sportnuus: Op Maandag, 7 Oktober is toekennings gemaak aan kinders wat presteer het in tennis, krieket, skyfskiet en ruitersport. Die volgende spesiale toekennings is gemaak in krieket: O/13 spelers: Kolwer van die seisoen – Jacques Odendaal. Bouler van die seisoen – MJ Rossouw. O/11 spelers: Beste bouler – Arnau Bosch. Beste kolwer – Mikal Kruger. Danie Nel het as O/11 speler uitgeblink en is ingesluit in die KZN 0/11 Binnelande Span.
Jacques Odendaal het die trofee ontvang as krieketspeler van die jaar. In skyfskiet het die volgende leerlinge trofee ontvang: Daniël Palmer – Beste Veerskut kampioen vir Noord-KZN en Pieter Claassen – Bester Sporterskut vir KZN span.
Berné van Heerden het as deel van die Mpumalanga span aan die SANESA Nasionale Kampioenskappe deel geneem en puik presteer deur ‘n 2e plek te behaal.
Baie geluk aan al hierdie leerlinge vir puik prestasies wat behaal is.
Kalender:
Donderdag, 17 Oktober – Graad R Gradeplegtigheid
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



