NewsSchools

PHS: SA skole skut, Mari Myburgh

‘n Bedrywige week by Hoërskool Pionier. Leerlinge wat hierdie jaar op sport-, kultuur- of akademiese gebied presteer het, word tydens die Sport-en Kultuurtoekenningsaand en die Akademiese Toekenningsaand vereer. Geluk aan elke pryswenner. Akademie: Geluk aan die volgende leerlinge wat die top presteerders in Gr 12 is: Ashley Naudé met ‘n gemiddeld van 88,4% in die …

‘n Bedrywige week by Hoërskool Pionier. Leerlinge wat hierdie jaar op sport-, kultuur- of akademiese gebied presteer het, word tydens die Sport-en Kultuurtoekenningsaand en die Akademiese Toekenningsaand vereer.
Geluk aan elke pryswenner.
Akademie: Geluk aan die volgende leerlinge wat die top presteerders in Gr 12 is: Ashley Naudé met ‘n gemiddeld van 88,4% in die eersteplek gevolg deur Mariza van Heerden, CW Smith, Samantha Dippenaar, Mariné Boshoff, Emile Botes, Moya Kriel, Anzette Cloete, Sibahle Magubane en Jaco Mouton
Krieket: Die afgelope naweek speel Pionier se o/15- en eerstespan teen Ladysmith. Meldon Bezuidenhout neem 5 paaltjies in 2 beurte vir die verlies vir 7 by die O/15-span. Pionier wen die wedstryd met 5 paaltjies Die eerstespan wen met 38 lopies. Matthew Stride behaal 29, Eugene Janse van Rensburg slaan 28. Jacques Koster neem 3 paaltjies vir 14 in 8 beurte en Gavin Bosman neem ook 3 vir 29 in 8 beurte.
Skyfskiet: Mari Myburgh ontvang haar SA skole kleure deur die September vakansie aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Skole Skutters Unie se byeenkoms deel te neem. Sy kom algeheel eerste in die O/21 veerklas afdeling. Hierdie is sowaar ‘n uitsondere prestasie.
By die SAARA byeenkoms, Suid-Afrikaanse Liggeweer Federasie, behaal Louise Martens ‘n algehele eersteplek in haar ouderdomsgroep en Johan Harris behaal ‘n tweedeplek in sy ouderdomsgroep.
Ruitersport: Annika Liebenberg, word weer tot die Mpumalanga ruitersportspan verkies. Sy kwalifiseer om aan sewe klasse deel te neem by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe, maar weens ‘n besering aan haar perd, neem sy net aan een klas deel en behaal ‘n vyfde plek op die hoogste vlak vir skole ruitersport.
7’s Bokkieweek: Geluk aan Richard Garner, Johann Swart, JD Earle en Ryan van der Westhuizen wat KZN by die Bokkieweek verteenwoordig het. JD tree op as die onder-kaptein van hierdie span en word ook tot die Bokkieweek B-span verkies. Geluk!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button