NewsSchools

LMS: Kultuurprestasies

DAAR is op Maandagoggend tydens n saalbyeenkoms weer erkenning gegee aan al die leerlinge wat tydens die afgelope Eisteddfod te Newcastle pragtig presteer het. Daar is sertifikate oorhandig aan 42 leerlinge vir deelname aan individuele items. Daar was ook 3 van ons leerlinge wat trofee ontvang het, wat ‘n uitsonderlike prestasie is. Weer eens baie …

Kamilla Haasbroek, Bianca Cronje en Chenè Stear.
Kamilla Haasbroek, Bianca Cronje en Chenè Stear.
DAAR is op Maandagoggend tydens n saalbyeenkoms weer erkenning gegee aan al die leerlinge wat tydens die afgelope Eisteddfod te Newcastle pragtig presteer het.
Daar is sertifikate oorhandig aan 42 leerlinge vir deelname aan individuele items. Daar was ook 3 van ons leerlinge wat trofee ontvang het, wat ‘n uitsonderlike prestasie is.
Weer eens baie geluk aan elke leerlinge wat ‘n toekenning ontvang het en veral die volgende trofeewenners: Kamilla Haasbroek: Beste Junior Afrikaanse Voordrag, Chene Stear: Beste Senior AfrikaanseVoordrag, Bianca Cronje: Beste Afrikaanse Monoloog.
Leespresteerders: Baie geluk aan die volgende leerlinge wat goeie tot puik resultate gelewer het met betrekking tot die interne leesprogram: Ger-mari Kruger: Beste in Klas (Afrikaans) (Gr 4L) en Beste in Graad, Cole van Rooyen: Beste in Klas (Afrikaans) (Gr 4M), Jaunre Botes: Beste in Klas (Afrikaans), Bellenique Strydom: Beste in Klas (Afrikaans) (Gr 5M) en Beste in Graad, Jana Schoeman: Beste in Klas (Afrikaans) (Gr 6L) en Beste in Graad, Ruan Swart: Beste in Klas (Afrikaans) (Gr 6M) en Beste in Klas (Engels) ((Gr 6M), SW Craig: Beste in Klas (Afrikaans) (Gr 6S), JJ Foord: Beste in Klas (Engels) (Gr 6S).
Algemeen: Dit was vir leerlinge en personeel ‘n vooreg om op Donderdag, 10 Oktober betrokke te kon wees by ‘n program ter herdenking van die Groot Trek (175 jaar gelede). Dit was ook lekker om die CVO leerlinge, sowel as Afrikaanssprekende leerlinge van NRS by die program te verwelkom.
Baie dankie aan Mnr Boetman Duminy vir sy inisiatief en die volgende personeel vir insette: Mev Minicke Burger, Mnr Frikkie Nel en Mnr Pieter Venter.
Gelukwense: Baie geluk aan Mej. Marinette Malan wat afgelope naweek verloof geraak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button