NewsSchools
PHS: Sterkte, matrikulante
DIE nuwe bestuur word tydens die Akademiese prysuitdelingsaand aangewys. Baie geluk aan Carike Odendaal en Stafan Faedda wat as die koshuis hoofprefekte aangewys word. Anneke Jordaan en Ruan de Wet tree as die onderhoofprefekte van die koshuis op. Jané Claassen en Marcel Olivier is die presidente van Pionier vir 2014 met Anneke Jordaan en Jaco …

Baie geluk aan Carike Odendaal en Stafan Faedda wat as die koshuis hoofprefekte aangewys word. Anneke Jordaan en Ruan de Wet tree as die onderhoofprefekte van die koshuis op. Jané Claassen en Marcel Olivier is die presidente van Pionier vir 2014 met Anneke Jordaan en Jaco Fourie as die vise-presidente. Baie geluk met hierdie groot eer wat jul te beurt geval het. Baie sterkte aan die matrikulante wat eersdaags met die eind-eksamen begin. Mag dit ‘n suksesvolle eksamen wees. Die skool neem Vrydag, 18 Oktober, van die matrikulante afskeid by die Klipkerk om 12:00. Alle belangstellendes is welkom om hierdie geleentheid by te woon.
Lief en leed: Pionier simpatiseer graag met Dawie Lombard en sy gesin met die afsterwe van sy vader. Mag God Sy hand om die familie hou in hierdie hartseer tyd.
Krieket: Bae geluk aan die o/15- en eerstespan wat hierdie afgelope naweek teen Ferrum skoonskip gemaak het. Die o/15’s wen met 5 paaltjies. Shaldon Sutherland neem ses paaltjies vir 16 lopies terwyl Jaco Huyser 57 lopies slaan. Die eerstespan wen met 36 lopies teen Ferrum. Matthew Stride slaan 141 lopies en ontvang so die Hansie Cronjé krieketkolf vir die speler wat 100 lopies in ‘n wedstryd aangeteken het. Baie geluk, Matthew!
Pionier neem Donderdag aan ‘n baie spesiale dag deel. Die Pioniers sal nie vinnig hierdie gedenkwaardigheid vergeet nie. Die 175ste gedenkjaar van die Groot Trek is op 10 Oktober 2013 gevier, deur ‘n ossewa wat getrek is deur ouers, personeel en leerlinge. Die ossewa is aan Lucas Meyer Laerskool oorhandig en verder getrek as simboliese teken van die Groot Trek. Wat ‘n voorreg om deel te wees van so ‘n spesiale dag in die geskiedenis!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



