Pionier eindig sterk in rugby, netbal en hokkie
Pionier se sportspanne lewer sterk vertonings en behaal uitstekende uitslae by die Vryheid Hoër-toernooi.
Jandri van Zyl het Hoërskool Pionier met trots verteenwoordig, nadat sy gekies is om KwaZulu-Natal by die SA-landloopkampioenskappe te verteenwoordig. Dit is ’n besondere prestasie en getuig van Jandri se harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Ons is ongelooflik trots op haar en wens haar geluk met hierdie groot prestasie! Ons sien uit om haar verder op die atletiekbaan te sien groei en presteer.
Vryheid Hoër-toernooi
Pionier se rugby-, netbal- en hokkiespanne het die afgelope naweek aan Hoërskool Vryheid se sewes- en Fast 5-toernooi deelgeneem. Ons spanne het uitstekend presteer en met groot geesdrif, spanwerk en deursettingsvermoë meegeding. Die toernooi was ’n goeie geleentheid vir ons leerders om hul vaardighede op die veld ten toon te stel en waardevolle wedstrydervaring op te doen. Die uitslae is soos volg: O/15-rugby: wen teen Ondini 50-0, verloor teen Piet Retief 0-24, verloor teen Ferrum 21-14, verloor teen Vryheid Landbou 7-19. O/17-rugby: Wen teen Curro Salt Rock 31-5, wen teen Amajuba 34-7, wen teen Vryheid Landbou 40-7, wen teen Amajuba 33-10 in die semi-finaal. Hulle verloor in die finaal teen Sarel Cilliers 7-38 en eindig dus tweede in die toernooi.
O/15-netbal: verloor teen Newcastle 3-12, speel gelykop teen Sarel Cilliers 7, verloor teen Ferrum 4-9, wen teen Ondini 21-2, wen teen Vryheid Hoër 6-5, wen teen Pongola Akademie 9-5. Hulle dring deur na die semi-finaal en verloor die wedstryd teen Ferrum 10-13. O/17-netbal: wen teen Ondini 24-0, wen teen Vryheid Hoër 9-7, verloor teen Curro Salt Rock 6-12, speel gelykop teen Newcastle Hoër 9, wen Sarel Cilliers 17-13. Hulle dring deur na die semi-finaal en wen teen Newcastle 13-8. Pionier wen in die finaal teen Vryheid Hoër en word sodoende as die wenners van die toernooi aangewys.
O/15-hokkie: verloor teen Nuwe Republiek Skool 0-2, wen teen Vryheid Hoër 1-0, wen teen Ferrum in die semi-finaal 2-0. Hulle speel in die finaal teen NRS en wen 1-0. Hulle wen dus die toernooi. O/17-hokkie: wen teen Sarel Cilliers 2-0, wen teen Pongola Akademie 2-0, wen teen Newcastle Hoër 1-0, wen teen Vryhied Hoër 2-0, verloor teen Ferrum 0-2, wen teen Newcastle in die semi-finaal 1-0. Die span verloor in die finaal teen Ferrum 1-3 en eindig tweede in die toernooi.
Krieket:
Die dogters-krieketspan het teen Vryheid Hoër kragte gemeet. Vryheid Hoër kolf eerste en behaal 91-4 lopies in 15 beurte. Pionier kolf tweede en behaal 92 lopies in 10 beurte. Pionier wen die wedstryd met 10 paaltjies. Welgedaan meisies.
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



