VHS beloon toppresteerders by `n spog prysuitdeling
Die Hoërskool Volksrust het op Woensdag 23 Oktober sy jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid aangebied. Die funksie het afgeskop met die indrukwekkende inhuldiging van die Uitvoerende Komitee van die erteenwoordigende Leerlingraad. In ‘n seremonie uit die boonste rakke het die nuwe leiers die erekodes onderteken en hulle lapelwapens van die skoolhoof, mnr Jan Ferreira, ontvang. Die voorsitter, Jean Els en vise-voorsitter, Carlien Senekal het hulle eerste openbare toesprake gelewer toe hulle die gehoor toegespreek het. Die seremonie is afgesluit met die …
Die Hoërskool Volksrust het op Woensdag 23 Oktober sy jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid aangebied.
Die funksie het afgeskop met die indrukwekkende inhuldiging van die Uitvoerende Komitee van die erteenwoordigende Leerlingraad. In ‘n seremonie uit die boonste rakke het die nuwe leiers die erekodes onderteken en hulle lapelwapens van die skoolhoof, mnr Jan Ferreira, ontvang. Die voorsitter, Jean Els en vise-voorsitter, Carlien Senekal het hulle eerste openbare toesprake gelewer toe hulle die gehoor toegespreek het. Die seremonie is afgesluit met die tradisionele oorhandiging van die vaandel deur die uittredende hoofleiers aan die
nuwe UK hoofleiers.
Die Graad 8 tot 11 leerlinge is beloon vir hulle prestasies op Sport- en Kultuurgebied,
Erekleure en balkies is oorhandig aan individue en spanne wat tydens die jaar die skool se naam hoog gehou het. Die leerlinge se prestasies het duidelik getoon dat Hoërskool Volksrust se toekoms in goeie hande is en dat daar nog uitsonderlike prestasies gaan plaasvind.
Hierdie was die perfekte voorprogram vir die grand finale waar die Graad 12 leerlinge vir hulle akademiese-, sporten
kultuurprestasies vereer is. Me Zahni Harris het hierdie spesiale oomblikke verewig deur pragtige foto’s van elke leerling en hulle trofeë te neem.
Onderskeidingsertifikate, balkies, erekleure, spesiale erekleure, trofeë en kontantpryse is aan die matrieks van 2013 oorhandig om hulle te beloon vir die harde werk deur die jaar. Met die eindeksamen wat op 28 Oktober 2013 begin het, is hoop uitgespreek dat hulle sal voortbou op hierdie prestasies en die skool, hulle ouers en hulleself trots sal
maak. Ons sien uit na die uitslae vroeg in Januarie 2014.
Die laaste item op die aand se program was die aanwys van die “Room van 2013 se Oes”. Die gehoor het in volslae verwondering geluister hoe die prestasies van die leerlinge aan hulle voorgehou is. · Chivonne Jordaan kry die toekenning vir die Graad 12 leerling wat die beste vordering gedurende die jaar getoon het. · Lize-Mari Lambrechts (12 jaar), Susanna Kruger (5 jaar) en Willem Burger (5 jaar) kry trofeë vir Getroue Skoolbesoek. · Cornelie Hartung,
Tiaan Uys en Lize-Mari Lambrechts word vereer vir hulle Volgehoue Akademiese Prestasies vanaf Graad 8 tot Graad 12. Hulle ontvang ook Spesiale Erekleure vir Akademie vir hulle gemiddeld van bo 85%.
· Tisha Willemse word op grond van haar musiekprestasies as Kultuurleerling van die Jaar aangewys.
· Daleen Duminy is die Atleet van die Jaar, sowel as die Sportdogter van 2013. Haar prestasies in atletiek en
landloop het aan haar hierdie toekennings besorg.
· Jurie Vermeulen word as die Rugbyspeler van die Jaar en die Sportseun van die Jaar aangewys.
· Elke sportsoort het ook hulle beste speler beloon: o Netbal – Cornelie Hartung o Gholf – Alexander Pieterse o Hokkie (dogters) – Marinel Lourens o Hokkie (seuns) – Marno van der Merwe o Krieket – Marno van der Merwe
o Tennis – Marinel Lourens o Muurbal – Johané Houy en Cornel van Schalkwyk Die kersie op die aand se verrigtinge was die aankondiging van die Beste van die Beste vir 2013.
· Cornelie Hartung word aangewys as die Beste Akademiese Presteerder met ‘n gemiddeld van 92,4%. Sy het die kademiese toneel oorheers met 9 onderskeidings; 8 diplomas en trofeë vir die beste prestasie in elkeen van haar vakke.
· Tiaan Uys ontvang die grootste toekenning wat ‘n seun in Hoërskool Volksrust kan verwerf toe hy as Volkie van die Jaar (Seun) aangewys word. Hierdie toekenning beloon prestasies oor ‘n wye spektrum van aktiwiteite (akademie, sport, kultuur en leierskap). · Die Volkie van die Jaar (Dogter), wat volgens dieselfde bogenoemde kriteria aangewys word, is aan Lize- Mari Lambrechts toegeken. Dankie aan al ons borge wat met hulle oop hand die leerlinge verras het met kontantpryse. Die borge en instansies word opreg bedank vir hul onderstuening.
Baie dankie aan almal wat so hard gewerk het.








