NewsSchools

LMS: Fase een prystoekenningsfunksie

OP VRYDAG, 1 November is ons Graad 1 tot Graad 3 leerlinge, tydens ‘n prestige geleentheid, beloon vir hul harde werk deur die jaar. Elke leerlinge het ‘n toekenning ontvang en elke junior leerling verdien opnuut gelukwensing. ‘n Baie spesiale gelukwense om die volgende trofeewenners: Carin Walter Trofee vir Beste presteerder in Graad 1: Clarné …

Nemicke Botha, Kamilla Haasbroek, Anika Smit, Nadine van Wyk, Zoë Richards en Clarne Burger.
Nemicke Botha, Kamilla Haasbroek, Anika Smit, Nadine van Wyk, Zoë Richards en Clarne Burger.
OP VRYDAG, 1 November is ons Graad 1 tot Graad 3 leerlinge, tydens ‘n prestige geleentheid, beloon vir hul harde werk deur die jaar. Elke leerlinge het ‘n toekenning ontvang en elke junior leerling verdien opnuut gelukwensing. ‘n Baie spesiale gelukwense om die volgende trofeewenners: Carin Walter Trofee vir Beste presteerder in Graad 1: Clarné Burger
Duits Trofee vir Beste presteerder in graad 2: Zoé Richards; Annatjie Odendaal Trofee vir Beste presteerder in Graad 3: Nadine van Wyk; Yvonne Nel Trofee vir Beste leser in Graad 1: Nemicke Botha; Joan Cairns Trofee vir Flinkdinker in Graad 3 Anika Smit.
Kamilla Haasbroek het puik presteer tydens vanjaar se Eisteddfod en het die Elma Stegen Wisseltrofee ontvang vir uitsonderlike prestasie in voordrag. Sy het ook die Newcastle Eisteddfod Wisseltrofee ontvang vir uitsonderlike prestasie.
Ons opregte dank aan Pastoor Tippie van Deventer vir sy opening van die verrigtinge, asook aan Mnr. Peet Coetzee vir sy hartlike verwelkoming en oorhandiging van pryse.
‘n Spesiale dankie aan Mnr. John Kitching vir sy toepaslike boodskap aan leerlinge en ouers.
Dit was ‘n baie spesiale geleentheid vir leerlinge en personeel en ons wil elke ouer, groot-ouers en ander belangstellendes wat u kind kom ondersteun het bedank. Dankie vir u belangstelling in u kind en in ons skool.
Dankie aan Mev. Mariana Riley en haar span vir puik reëlings en gedissiplineerde leerlinge.
Tennisnuus: Nege van ons leerlinge het die afgelope tyd aan ‘n rondomtalie toernooi deelgeneem op die terrein van die Vryheid Lawn Tennisklub. Baie geluk aan elke speler wat goeie rekenskap gegee het. Spesiale geluk aan Jacques Odendaal wat as algehele wenner aangewys is en ook sodoende die wisseltrofee ontvang het. Baie dankie aan Mev. Wilna van den Berg wat as tennisma opgetree het, maar ‘n groot dankie aan Mev. Brigitte Niebuhr van Michaelis vir haar entoesiasme en reëlings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button